GESKIEDENIS VAN DIE KINDERHUIS

 

Na die Boereoorlog is heelwat kinders wees gelaat.

 

Na die griep van 1918 was daar nog meer kinders wat wees gelaat is.

 

Die droogte van 1933 het veroorsaak dat ouers nie langer vir hulle kinders kon sorg nie.

 

Langlaagte was teen die tyd al so vol dat daar na die oprigting van ‘n kinderhuis op die platteland gekyk moes word.

 

Die Kerkraad van die NG Kerk in Nylstroom (Modimolle) het hierdie as ‘n geleentheid gesien om kinders in nood te help.

 

Die munisipaliteit het 20 ha grond beskikbaar gestel vir die oprigting van ‘n Kinderhuis in Nylstroom (Modimolle).

 

Daar is in 1958 met die bouwerk begin en die eerste kinders het in 1959 ingetrek.

 

Kinders word in Kinderhuise geplaas deur ‘n hofbevel as gevolg van die volgende redes:  kindermishandeling, akoholmisbruik, dwelmmisbruik, gebrek aan ouerskap- vaardighede, gesinsgeweld en faktore wat die lewe van die kind in gevaar mag stel.

 

 

Vir enige inligting, kontak die Uitvoerende Hoof:

 

FANIE LOMBARD

 

Telefoon  :  014 717 5264 X 108

                 014 717 1261

Faks        086 570 7647

Selfoon    :  083 410 3833

E-pos       :  fanie@esnet.co.za

 

                    RAAK ASSEBLIEF BETROKKE BY ONS!

             

U kan 'n verskil maak in die lewens van die kinders wat in ons sorg is.