NUUS

 

 

Beskermhere : Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom

 

Op 25 Mei 2010 het die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom geskiedenis gemaak in diè sin dat daar vir die eerste keer in die geskiedenis van die Kinderhuis Beskermhere aangewys is en tydens ’n deftige dinee aan die gaste voorgestel is. Hulle is : Hennie Maas tans omroeper by RSG, Advokaat Anton Wiid te Pretoria (Anton Wiid is ’n trotse produk van die Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom) en Bobby van Jaarsveld, die sanger en bekend vir sy liedjie spieëltjie.

 

’n Droom is verwesenlik en is die Kinderhuis baie dankbaar omdat hierdie drie manne ’n mooi beeld na buite uitstraal en vir die Abraham Kriel Kinderhuis baie gaan beteken in die toekoms aangesien hulle al drie in wyd uiteenlopende velde werksaam is.

 

Hulle gaan dien as ambassadeurs en ’n advertensie vir ons mooi instansie. 

 

 


 

U KAN ‘N VERSKIL MAAK!