GEMEENSKAPSDIENS

 

Twee maatskaplike werkers doen gemeenskapsdiens deur uitreikprogramme wat in die gemeenskap aangebied word.

 

 

Werkers was behulpsaam met die projek “16 days activism of abuse against woman and children”.

 

Aandag word gegee aan die baie arm kinders in Phagameng.

 

HIV/VIGS-programme is aangebied.

 

Groepwerk is gedoen met Kinderhuiskinders wat skoolverlaters is.

 

Die maatskaplike werkers besoek skole en tree terapeuties toe tot kinders wat die behoefte daartoe het.  Die getal is steeds besig om te groei.

 

Ouers wat kinders in pleegsorg het, word ook bygestaan.  Groepsessies vind in die oggend en in die aand plaas.

 

Skoolverlaters:  Daar is twee programme:

Die eerste program fokus op lewensvaardighede en die

tweede fokus op praktiese lewensvaardighede.

 

NG Kerk Nylstroom-Oos:  Is besig met 'n opheffingsprogram waar dames geleer word om kos op die mees ekonomiese wyse te maak.  Die gemeenskapswerker skakel ook by die program in.

 

Vir enige inligting, kontak die Uitvoerende Hoof:

 

FANIE LOMBARD

Telefoon  :  014 717 5264 X 108

                 014 717 1261

Selfoon    :  083 410 3833

E-pos      :  fanie@esnet.co.za

 

 

                    RAAK ASSEBLIEF BETROKKE BY ONS!

             

U kan 'n verskil maak in die lewens van die kinders wat in ons sorg is.

 

 

 

*