FINANSIES

 

 

Ons het jou onderteuning nodig!

 

 

1   BANKBESONDERHEDE

 

Donateurs is welkom om ‘n direkte inbetaling in ons bankrekening te maak.  Ons vra vriendelik dat u die bewys met u besonderhede vir ons E-pos (akk2@esnet.co.za) of faks (086 5707 639) met u posadres en kontakbesonderhede sodat ons u kan bedank en u kan voorsien van 'n Artikel 18A kwitansie wat u saam met u Belasting-aanslag kan indien om sodoende korting te bekom.

 

U kan ook spesifiseer waarvoor die geld aangewend moet word.

 

Naam:                   Abraham Kriel Kinderhuis Maatskappy Nylstroom

Bank:                    Absa

Takkode:               Modimolle  - 632005 (elektronies)

Tipe rekening:        Tjek

Rekeningnommer:   1100 140 000

 

 

2.    SUBSIDIE

 

Subsidie word maandeliks van die Departement van Welsyn ontvang. Die subsidie dek slegs 60% van die uitgawes.  Die begroting vir die 2011/2012 boekjaar beloop R 8 400 000 en die Kinderhuis moet hiervan self 40% in. Dit beloop 'n bedrag van R3 360 000 vind om uitgawes te dek. 

 

Dit kos R3,800 per maand om een kind te versorg.

 

 

Hiervoor maak ons staat op:

 

Gemeentes, kerke, besighede, individue, erflatings ens.

Verder word projekte geloods om fondse te in en daaraan word hard gewerk.

 

 

3.    ERFLATINGS

 

Persone wat die visie het om ons te benoem as begunstigde in ‘n testament, onthou asseblief om te spesifiseer dat die begunstigde ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS NYLSTROOM is. 

 

Ons dank die Heer vir mense wat op hierdie wyse ‘n verskil aan ons finansiële situasie maak.

 

 

4.     DEBIETORDERS

 

Enige persoon is welkom om ons te kontak, of die aangehegte vorm te voltooi en so kan ons dan maandeliks ‘n bedrag geld soos deur u bepaal uit u rekening verhaal.

 

Huidiglik het ons reeds 200 persone wat op hierdie wyse hierdie instansie help om te oorleef.

 

Indien u enige veranderinge daaraan gedoen wil hê, bv. Die bedrag te verhoog, te verlaag of die betaling te stop, kontak u ons net en ons doen dit dadelik.    Daar is geen bankkostes aan verbonde nie.

 

 

Kontak gerus die Bestuurder:Administrasie vir enige navrae rakende finansies. 

 

Irene Breedt 

Tel:   014 7175264/5X115

Sel:   082 922 8153

Faks:  086 5707 639

E-pos: akk2@esnet.co.za

 

                RAAK ASSEBLIEF BETROKKE BY ONS!

 

Jy kan 'n verskil maak in die lewens van die kinders wat in ons sorg is.