BEMARKING

 

 

PROJEKTE

 

Projekte: - Ons moet deurlopend bemark om fondse te in vir die kinderhuis vir aankope van voedsel, brandstof en versorging van die kinders. Ons moet ± R3,5 miljoen insamel per jaar om vir die kinders te sorg. Ons statistieke wys dat ons slegs R3,61 het per kind vir vleis per dag. Ons gebruik 2400lt melk per maand en 35 kg wors per ete per dag. Ons gebruik ook met elke ete 25 kg Maalvleis of  40 hoenders of 45 dosyn eiers per week. Soos u kan sien dit bly ‘n groot uitgawe om vir die 171 kinders te sorg.

 

Ons probeer deurlopend goedere (enige goedere) in te samel vir die kinders, want elke bietjie wat ons ontvang, help ons kinders vir die volgende dag.

 

Ons het hierdie jaar nuwe nuwe projekte wat ons aanpak nl :

 

29 Maart 2012 word ‘n prestige aand aangebied waar u ‘n tafel kan koop teen R5000 per tafel. Dawie Kloppers en Hennie Maas gaan optree as sprekers.

Kontak ons asb as u deel wil hê aan hierdie glansgeleentheid.

 

Gedurende die tweede kwartaal gaan die Kinderhuis ‘n eerste hê. Ons gaan ‘n foto kompetisie hou en meer besonderhede sal later bekend gemaak word.

 

Ons jaarlikse stap en ontbyt word gehou op 22 September 2012. Kom deel asb in die pret!

 

 

INLIGTING

 

Om ‘n Jaarverslag of enige inligting te bekom,  kan die kantoor of Bemarker geskakel word

by 014-7175264 of 082 897 3877

 

Kontak ons Bemarkers vir enige sake rakende BEMARKING

 

GEZINA LOMBARD

Telefoon:  014 717 5264 X 131 / 014 7171261

Selfoon :   082 897 3877

Faks     :   086 570 7648

E-pos   :    gezina@esnet.co.za

 

Heleen Roos

Assistent Bemarker

Telefoon :   014 717 5264 x 117

Selfoon  :   076 497 7670

                082 297 8762

Faks      :   086 720 5356

E-pos    :   heleen@esnet.co.za

 

 

 

                  RAAK ASSEBLIEF BETROKKE BY ONS!

 

         U kan 'n verskil maak in die lewens van die kinders wat in ons sorg is.